Scroll Top

Dagdroom – ‘n Gedig

dagdroom

Die dag droom van silwer stukkies spieël wat skitter soos sterre
van papaja pêrels en geroeste doringdraad.
Die dag droom van ‘n skurwe sement damwal
terwyl die son saggies deur die blare praat.

Die wind fluister onhoorbaar deur katoenlanderye
en die trekker kreun van lekkerkry.
Die tarentaal roep haar kleintjies
en uit die hemele skreeu die donderweer vir my.

Die dag droom dat die reën sal val
en sal spoel oor die kind op die sement damwal.
Die dag droom dat die duisternis
– saam met die sonbrand en die skaafmerke en die turksvydorings –
soos druppels reën oor die plaasdam sal dans.

Die dag droom die nag is al verby.

geroeste plaashek

Add Comment