Jou huis is waar jou hart is

Ek was die naweek nege jaar in Port Elizabeth. Ek onthou dit werklik soos gister. Ons het vertrek op 27ste dag van September, 2005. Ek, my ma, my middelste sussie en my vriendin. Ons het oorgeslaap op Colesberg en op 28 September 2005 het ons, baie moeg en baie senuagtig, in PE aangekom. (more…)

Liewe Lana Twaalf-Jaar-Terug

Vrydag, 21 Junie 2002

Liewe Lana,

Dit is vandag jou 18e verjaarsdag. Jou appelgroen polo-nek trui en swart baadjie lê netjies op jou bed, gereed om aangetrek te word vir die partytjie wat julle weke lank al beplan. Jy *mag* vandag – wettiglik – jou eie drank koop. Jy mag vanaand besonders laf wees, want jy is nou, wel, jy is nou seker groot. (more…)

Ek ruik die somer!

Ek ruik die somer!

Ek het dit al talle male baie duidelik gemaak dat ek regtig oor 2013 is… Maar dit is wonderlik om te weet dat hy amper oor ons ook is! Nog net 23 dae voor ons almal ook luidkeels kan skree: “Happy New Year!”

Die naweek het ek besef die somer is amper hier in sy volle glorie en dit, vir my, sê die einde is in sig.

Met klein bietjie liefde en baie geduld sal ons almal in een stuk daar uit kom. Byt net nog bietjie vas!

Volmaan – ‘n Gedig

Volmaan – ‘n Gedig

(Ek weet ongelukkig nie wie die prentjie geteken het nie.)

Onafhangende van wat jy mag dink, hierdie gedig is nie oor verlore liefde of enige iets soos dit nie. Ek het die gedig geskryf terwyl ek nog op skool was. Ons was in Mosambiek een vakansie en dit was volmaan die aand. Wanneer mens alleen sit, omsingel deur donker en stilte en die oneindige blou see, kan mens dit nie help om besonders klein te voel terwyl jy sit en verlang na iemand wat jy nie ken nie, en ook waarskynlik nie gaan ontmoet nie. Min dinge is so mooi soos die volmaan wat oor die see verskyn. Ongelukkig was die wolke daai aand van so aard dat ek nie die maan kon sien opkom nie. En dit is bloot waaroor die gedig gaan.

stowwerige silwer
blinkende blou smart
êrens in die grys heelal
blink daar nog ‘n hart

spikkeltjies kwik verduister
swart bome afgebrand
weet ek iemand luister
na die potlood in my hand

swart soutwater in my wonde
berge wolke bo my kop
sand kriewel tussen my tone
mismoedig gee ek op

baie liefde,

Pin It on Pinterest